Bible Society of South Africa

Sabbatsjaar en jubeljaar

Die jubeljaar (hersteljaar) was ʼn heilige jaar in die Ou Testamentiese tyd. Hierdie jaar het die Israeliete daaraan herinner dat hulle en hulle land aan God behoort. Hierdie spesiale jaar het elke 49 jaar plaasgevind (sewe maal sewe). Elke sewende jaar was die sabbatsjaar (sewende jaar), en na sewe maal sewe jaar was dit die jubeljaar.

Die name “sabbatsjaar” en “jubeljaar”

Die naam “sabbatsjaar” (sewende jaar) is afgelei van die sabbat. Vanaf die sesde eeu voor Christus is die sabbat ʼn weeklikse rusdag met ʼn godsdienstige doel. Dieselfde siklus van sewe het uitgeloop op die sabbatsjaar, wat elke sewe jaar plaasgevind het.



Die naam “jubeljaar” (hersteljaar) is afgelei van die Hebreeuse woord

jobel

, wat “rams(horing)” beteken. Die naam verwys na die begin van die jaar, wat met die blaas van ʼn ramshoring aangekondig is. ʼn Jubeljaar het op die groot versoendag begin.

Reëls vir die sabbatsjaar en die jubeljaar

Levitikus 25 gee voorskrifte vir die sabbatsjaar (sewende jaar) en die jubeljaar (hersteljaar). Die sabbatsjaar moes elke sewende jaar gehou word. In daardie sewende jaar moes die grond rus, aangesien die jaar aan God opgedra is. Niemand is toegelaat om te saai of te oes nie.



Na sewe maal sewe jaar was daar ʼn ekstra besonderse jaar: die jubeljaar.



In daardie jaar:

  • moes die grond, soos in die sabbatsjaar, braak gelaat word;
  • moes grond teruggegee word aan die oorspronklike stam; 
  • was dit nie langer nodig om skuld terug te betaal nie;
  • is slawe toegelaat om na hulle eie land en familie terug te keer.

Jubeljaar as ʼn simbool

Dit is nie seker of die jubeljaar (hersteljaar) ooit werklik nagekom is nie. Mettertyd het die term ʼn simboliese funksie in die Bybel gekry: dit is gesien as ʼn genadejaar en het ʼn teken geword van ʼn tyd van vreugde en vrede (Jesaja 61:2; Lukas 4:19).


 

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS