Verkragting
Verkragting is in die Ou Testament as ʼn ernstige misdaad beskou. Twee basiese vrae is in ag geneem wanneer verkragtingsake beoordeel is:
- Was die vrou getroud of ongetroud?
- Kon sy om hulp geroep het?
Indien die vrou nie getroud was nie
Indien ʼn man ʼn jong ongetroude vrou verkrag het, moes hy met haar trou en sou hy nooit toegelaat word om van haar te skei nie. Daarbenewens moes hy die vrou se vader 50 sikkels
Indien die vrou getroud was
Indien ʼn man ʼn getroude vrou verkrag het, moes hy doodgemaak word. Die vrou is ook doodgemaak, tensy sy buitekant die stad verkrag is. Die rede hiervoor was dat sy in die stad om hulp kon geroep het. As niemand haar gehoor het nie, het sy dalk ingestem tot seks, en dan was dit nie verkragting nie, maar owerspel
Verhale oor verkragtings
Daar is nie net wette oor verkragters in die Ou Testament nie, maar ook ʼn aantal verhale waarin vroue verkrag is. Die bekendste hiervan is:
- die verkragting van Dina deur Sigem (Genesis 34
); - die groepsverkragting van die byvrou van ʼn Leviet deur die inwoners van Gibea (Rigters 19
); - die verkragting van Tamar deur haar halfbroer Amnon (2 Samuel 13
).
Lees verder?
Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy: