Bible Society of South Africa

Moord

Moord was ʼn ernstige misdaad volgens die wette van die Ou Testament asook in die Nuwe Testament. Een van die tien gebooie handel oor moord.

Moord en manslag

In die Ou Testament word ʼn onderskeid gemaak tussen moord en manslag:

  • moord is om iemand met voorbedagte rade dood te maak, byvoorbeeld uit jaloesie. Nog ʼn voorbeeld van moord in die Ou Testament is strafbare agterlosigheid met betrekking tot ʼn aanstormende os: as ʼn persoon nalaat om ʼn os, wat daartoe geneig is om mense te gaffel, vas te maak en hierdie os deurboor iemand noodlottig, is dit beskou as moord. Wanneer moord gepleeg is, moes die skuldige gestraf word.
  • manslag is onvoorsiene moord, byvoorbeeld as die kop van ʼn byl loskom terwyl iemand besig is om hout te kap. In die geval van manslag, kon ʼn persoon na ʼn asielstad vlug, waar hy veilig sou wees. In sulke gevalle was bloedwraak nie toelaatbaar nie. Die skuldige kon vrygelaat word ná ʼn verhoor.

Uitsonderings

Daar was uitsonderings met betrekking tot strawwe vir moord en manslag:

  • bloedwraak is nie as moord beskou nie. Dienooreenkomstig is die optrede van ʼn wreker vrygestel van verdere bloedwraak. 
  • in die praktyk was doodmaak in tye van oorlog ook toelaatbaar. Die Israeliete was in elk geval besig om God se vyande dood te maak. 
  • indien iemand tydens ʼn geveg neergevel is, weer opgestaan het, maar ʼn ruk later gesterf het, is die skuldige nie vir manslag gestraf nie (Eksodus 21:20-21).

As die moordenaar onbekend was

As iemand vermoor is maar die skuldige se identiteit is onbekend, moes ʼn reinigingsritueel uitgevoer word. 


Volgens Deuteronomium 21:1-9 moes die oudstes en die regters van die naaste stad die nek van ʼn verskalf breek en hulle hande was, terwyl hulle hardop verklaar dat húlle nie die moord gepleeg het nie. Op dié wyse was die stad vry van bloedskuld.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS