Bible Society of South Africa

Trompet

ʼn Trompet is een van die blaasinstrumente wat in die Bybel genoem word. Dit is waarskynlik dat hierdie instrument oorspronklik uit Egipte kom. Die Hebreeuse woord vir trompet is gatsotsra.

Hoe het die trompet gelyk?

Die trompet is uit metaal gemaak. Volgens Numeri 10:2 was daar selfs twee wat uit silwer gemaak moes word. Die doel van die trompette was om mense bymekaar te roep, en om die sein te gee om die leërkamp op te breek.
Opgrawings wys dat die trompet omtrent 40 sentimeter lank was met ʼn lang, smal deel wat uitloop in ʼn soort wye beker.

Gebruik van die trompet

Voor die {{topic_1219_Babiloniese ballingskap}} is die trompet hoofsaaklik deur gewone mense gebruik om ander te waarsku dat gevaar dreig, byvoorbeeld voor ʼn {{topic_8_oorlog}}. Na die ballingskap is die trompet hoofsaaklik deur die {{topic_588_priesters}} in en om die tempel gebruik.
 
 

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.19.0
VOLG ONS