Bible Society of South Africa

Harp

Die harp behoort tot die familie van snaarinstrumente. Dit word in die Bybel omtrent altyd saam met die lier gebruik, soos in 2 Samuel 6:5. Die Hebreeuse woord vir harp is nevel.

Hoe het die harp gelyk?

ʼn Harp was waarskynlik ʼn instrument met baie snare; dit het meer snare gehad as ʼn lier. Die snare is van skaapderms gemaak. Die klank was daarom laag en hard.


Die harp was boogvormig of driehoekig en is soms horisontaal gespeel met ʼn plektrum.

Gebruik van die harp 

Die harp is hoofsaaklik deur die Leviete in en om die tempel bespeel, byvoorbeeld tydens ʼn optog met die verbondsark of vir oorwinningsfeeste (sien 2 Kronieke 20:28).

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.19.0
VOLG ONS