Bible Society of South Africa

Trom

ʼn Trom is ʼn slaginstrument. Dit is selde in en om die tempel gebruik, maar is eerder dikwels tydens optogte en vieringe gebruik. Die Hebreeuse woord vir drom is

tof

.

Hoe het die trom gelyk?

ʼn Trom is van die vel van ʼn dier gemaak wat oor ʼn houtraam gespan is. Die trom is met die een hand vasgehou en met die ander hand geslaan.


ʼn Trom met klokkies aan die kant is ʼn tamboeryn. Vroue het dikwels die tamboeryn bespeel (sien bv Eksodus 15:20; Rigters 11:34; 1 Samuel 18:6; Psalm 68:26; Jeremia 31:4).

Gebruik van die trom

Die trom is dikwels as begeleiding by sang tydens feeste gebruik. Dit is opvallend dat hierdie instrument selde in en om die tempel gebruik is.



 

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS