Bible Society of South Africa

Simbaal

ʼn Simbaal is ʼn slaginstrument. Uit al die slaginstrumente was dit hoofsaaklik die simbale wat dikwels in die tempel gebruik is.

Hoe het die simbaal gelyk?

ʼn Simbaal het bestaan uit twee bronsskywe, die simbale self. Die musikant moes sy hande onder ʼn tou deursteek om die simbale stewig vas te hou. Deur hulle teen mekaar te slaan, is ʼn skerp geluid voortgebring. Daar was groot simbale wat harder klanke kon produseer terwyl die heel kleinste simbale sagter klanke kon voortbring.

Wanneer is simbale gebruik?

Simbale is altyd in en om die tempel gebruik. Dit is deur die Leviete bespeel, dikwels in kombinasie met ander instrumente, soos tydens die inwyding van die tempel (2 Kronieke 5:13). Hierdie instrumente word veral beskryf in bybelse boeke uit die tydperk na die Babiloniese ballingskap.

Soorte simbale

In Hebreeus word twee woorde gebruik vir die simbaal: metsiltajim en tseltselim. Dit is moeilik om die presiese verskil te bepaal. Dit is moontlik om die klank van die instrument te herken in die “ts”-klank van hierdie twee woorde.


 

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.19.0
VOLG ONS