Bible Society of South Africa

Fluit

In die Bybel kom verskillende blaasinstrumente voor. Hierdie instrumente is gebruik om mense te waarsku of om hulle bymekaar te roep, alhoewel dit ook gebruik is om musiek te maak in die tempel.

Hoe het die fluit gelyk?

ʼn Fluit is uit bamboes of soms uit hout gemaak. Daar was verskillende soorte fluite. Naas die gewone fluit was daar ook dubbel- en panfluite.


ʼn Fluit is dikwels buite die tempel gebruik om musiek te maak. Dit was byvoorbeeld gebruiklik in Israel om die fluit tydens ʼn begrafnis te speel.

Dubbelfluit

Die Hebreeuse woord vir die dubbelfluit is galil. ʼn Dubbelfluit kon van been, metaal of hout gemaak word en dit het ʼn mondstuk gehad. Hierdie instrument kan beskou word as die voorloper tot die moderne hobo of klarinet. 


Die dubbelfluit is gebruik tydens die salwing van ʼn koning (sien 1 Konings 1:40) en tydens die optogte van profete (sien 1 Samuel 10:5).

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS