Bible Society of South Africa

Nisrok

Nisrok is die naam van ʼn god wat in 2 Konings 19:37 vermeld word. Daar is hy na bewering die god van die Assiriese keiser Sanherib. Toe Sanherib tempel toe gaan om Nisrok te aanbid, word hy deur sy eie seuns vermoor.

Wie was Nisrok?

Ons ken die naam Nisrok slegs uit die Bybel. Sy naam word nie in Assiriese bronne gevind nie. Dit is moontlik dat die god se oorspronklike naam doelbewus of per ongeluk deur Hebreeuse skrywers verander is. Nisrok is waarskynlik ʼn verbastering van die naam Ninurta wat een van die belangrike gode in Assirië was. 

Verwante Bybelgedeeltes

2 KONINGS 19.37 JESAJA 37.38

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.26.9
VOLG ONS