Bible Society of South Africa

Kultusbeelde

In die Ou Nabye Ooste is kultusbeelde gebruik vir die aanbidding van gode.

Die aanbidding van kultusbeelde

ʼn Kultusbeeld het ʼn spesifieke god verteenwoordig. Daar was selfs geglo dat die god in die standbeeld teenwoordig was. Dit is waarom die standbeeld met groot eerbied behandel is. Dit is versorg, aangetrek en gevoed. Die afgodsbeeld is gereeld in optogte gedra.

Hoe het kultusbeelde gelyk?

Kultusbeelde is gewoonlik gevorm om soos ʼn mens te lyk. Die beelde is uit klip gekap, uit klei gemodelleer of uit hout gekerf. Hulle is ook gemaak deur gesmelte metaal (brons, silwer of goud) in ʼn vorm te giet.

Kultusbeelde in die Bybel

Die Ou Testament verbied die aanbidding van kultusbeelde en noem hulle afgode (sien bv Eksodus 20:4-5). In die profetiese boeke soos Jesaja en Jeremia word die aanbidding van afgode belaglik gemaak. Daar word gesê dat die beelde nie lewende gode is nie, maar lewelose goed wat deur mense gemaak is (sien bv Jeremia 10:3-5).



Ondanks die feit dat dit verbode was, het die aanbidding van afgode in Israel vir ʼn lang tyd voortgeduur. Voorbeelde hiervan is: die goue bulkalf wat die Israeliete in die woestyn gemaak het (Eksodus 32 – 34), die afgode van Miga uit Efraim (Rigters 17 – 18), en die standbeelde en bulkalwers wat koning Jerobeam l in Bet-El en Dan geplaas het (1 Konings 12:28-33). Dit was eers ná die Babiloniese ballingskap dat afgodediens tot ʼn einde gekom het.

Verwysings na kultusbeelde in die Bybel

Die Ou Testament gebruik baie verskillende woorde vir kultusbeelde. Sommige voorbeelde sluit in die huisgode (

terafiem

in Hebreeus), die “gekerfde beelde” en die “gegote beelde”. Daar is ook woorde vir kultusbeelde wat minagting uitdruk, soos die “afgode” (Levitikus 26:30) (

gilluliem

in Hebreeus) en die “afskuwelikhede” (Esegiël 5:11) (

sjiqqutsiem

in Hebreeus).

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS