Bible Society of South Africa

Mammon

In die Bybel is “Mammon” ʼn verwysing na geld of rykdom wat ʼn afgod vir mense kan word.

Wat beteken Mammon?

Mammon is waarskynlik afkomstig van die Aramese woord mammona (of die Hebreeuse woord mammon), wat “geld”, “eiendom”, “profyt” of “rykdom” beteken. Oorspronklik het die woord ʼn neutrale betekenis gehad, maar in latere Joodse bronne is die konnotasie toenemend negatief.

Mammon in die Bybel

Die woord “Mammon” kom vier keer in die Bybel voor, altyd in die woorde van Jesus:

  • In Matteus 6:24 en Lukas 16:13 lyk dit of Jesus Mammon as ʼn bose mag beskou waarvan ʼn mens ʼn slaaf kan word, of selfs as ʼn god wat gedien kan word: “Niemand kan vir twee base tegelyk werk nie. Hy sal óf die een minder ag en die ander een hoër, óf vir die een meer oorhê en die ander een afskeep. Julle kan nie God én Mammon dien nie.” (Sommige vertalings het “geld” in plaas van “Mammon”.) 
  • Lukas 16:9-11 praat van die oneerlike mammon. Die mammon word “oneerlik” genoem omdat besittings en geld dikwels op onbehoorlike maniere bekom word. Maar Jesus moedig sy dissipels aan om geld juis te gebruik om ander lief te hê, en God sodoende te dien.

Mammon in latere Christelike literatuur

In latere Christelike tekste word Mammon soms uitgebeeld as ʼn demoon. Die personifikasie van “rykdom” is waarskynlik gebaseer op Lukas 16:13. Daar word Mammon teenoor God gestel en ʼn “baas” genoem.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS