Bible Society of South Africa

Jakin en Boas

Jakin en Boas is die name van die twee bronspilare in die tempel van Salomo. Hulle het by die ingang van die tempel gestaan. Jakin was aan die regterkant, en Boas was aan die linkerkant. Die pilare is deur die kopersmid in bronswerk, Hiram, gemaak.

Vorm

Die pilare word in 1 Konings 7:15-22 beskryf. Elke pilaar was omtrent 8,3 meter hoog met ʼn omtrek van omtrent 5,5 meter. Bo-op is die pilare versier met omtrent 2,3 meter hoë kapitele in die vorm van blomkelke. Die kapitele is nog verder versier met gevlegte kettingwerk en rye granate.

Funksie van die pilare

Die twee pilare was daar om die grootsheid van die tempel te vertoon, wat duidelik word uit hulle name: die woord Boas is die Hebreeus vir “in Hom is sterkte”, en Jakin beteken “Hy sal oprig” in Hebreeus. Beide woorde word dikwels gebruik om God te beskryf, soos in Psalm 93:1.

Verwoesting van die pilare

Volgens 2 Konings 25:13 en Jeremia 52:17 het koning Nebukadnesar die tempel in Jerusalem in 586 v.C. met al sy bronsvoorwerpe, insluitende die pilare, verwoes. Hy het die brons na Babilonië toe teruggeneem. Dit was die begin van die Babiloniese ballingskap.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS