Bible Society of South Africa

Huisgode

Huisgode (terafim in Hebreeus) was beelde van familiegode wat die familie moes beskerm.

Familiegode

Familiegode is beskou as afgestorwe voorouers. In die godsdiens van die Ou Nabye Ooste was dit belangrik om ʼn goeie verhouding met jou voorouers te hê. Hulle moes versorg en vereer word en op hulle beurt sou hulle dan iets vir die lewendes doen. Hulle kon voorspraak doen vir mense by die (hoër) gode, of die besluite van die gode aan die mense kommunikeer.

Gebruik van huisgode

Die beelde van die familiegode is waarskynlik gebruik in waarsêery, wanneer die geeste van die afgestorwenes geraadpleeg is en die toekoms voorspel is. Hulle het ook ʼn rol gespeel in godsdienstige seremonies in die huis. Die beelde is gebruik om die gode vir raad te vra. 

Huisgode in die Bybel

Die

terafim

word 15 keer in die Bybel genoem. Dit kom meestal in tekste voor wat die gebruik van afgode veroordeel (bv 1 Samuel 15:23). Hier volg sommige van die ander bekende tekste waarin die terafim genoem word:

  • Genesis 31:19-35 vertel die verhaal van hoe Ragel Laban se huisgode steel en dit in haar rydier se saal versteek. Volgens sommige eksegete het sy dit gedoen omdat sy Laban wou verhoed om sy terafim te gebruik om uit te vind waarheen Jakob gevlug het.
  • Benewens vir sy priesterlike klere het Miga, die Efraimitiese priester, in Rigters 17:4-5 ʼn paar afgodsbeelde laat maak om in sy tempel te sit.
  • 1 Samuel 19:13-16 vertel die verhaal van Mikal wat haar man, Dawid, se agtervolgers om die bos lei deur die beeld van ʼn huisgod onder ʼn kombers te versteek. Sy vertel die agtervolgers dat Dawid siek in die bed is. Dit was klaarblyklik ʼn redelike groot beeld. 

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.19.0
VOLG ONS