Goue bulle
“Goue bulle” in die Bybel is goue beelde
Kalf of bul?
Sommige vertalings gee die Hebreeuse woord vir “bul” weer as “kalf”. Dit is waar die uitdrukking “die goue kalf” vandaan kom. Dit is egter meer waarskynlik dat dit die beeld van ʼn jong bul sou wees.
Beelde van bulle in die Bybel
Die twee gedeeltes in die Bybel waar die goue bulle vermeld word is Eksodus 32
- In Eksodus 32
maak Aäron ʼn bulkalf van goud vir die Israeliete in die woestyn. - In 1 Konings 12
laat koning Jerobeam I twee goue bulkalwers maak en plaas hulle in Bet-El en Dan. Hy probeer verhoed dat die inwoners van sy koninkryk (die noordelike ryk van Israel) altyd na Jerusalem gaan om God daar (in die suidelike ryk van Juda) te aanbid.
Daar is nog Bybelgedeeltes oor die goue bul. Die boek Hosea
Wie of wat verteenwoordig die goue bul?
Dit is nie seker wat die goue bul in die Bybelgedeeltes veronderstel is om te verteenwoordig nie. Daar bestaan verskeie moontlikhede:
- ʼn Vreemde god. Dit kon die Kanaänitiese gode
El of Baäl , of die maangodin Sin wees wat ook soms as ʼn bul uitgebeeld word. - God self. Die manlikheid en krag van die bul is ook kenmerke van God.
- ʼn Troon of voetstoel vir God. In die Ou Nabye Ooste is gode dikwels uitgebeeld op die rug van ʼn bul. Die bul as troon van God kan verklaar waarom Jerobeam I twee standbeelde van bulle in die tempels in Bet-El en Dan laat plaas het. Hulle was bedoel as alternatief vir die verbondsark in die tempel van Jerusalem, wat ook beskou is as die troon van God.
Verbode
Al die Bybelgedeeltes wat die goue bul vermeld, veroordeel die maak en aanbidding van so ʼn beeld. Dit is streng verbode om beelde te maak en hulle te aanbid. ʼn Mens mag net die God van Israel aanbid.
Lees verder?
Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy: