Bible Society of South Africa

Judas: Bybelse boek

Die brief van Judas is ’n kort brief gerig aan alle Christene. Die brief is geskryf omstreeks 100 n.C. Hierdie brief waarsku Christene teen ’n verkeerde verstaan van geloof.

Tema

Die hooftema van die brief is die oproep om nie die geloof, wat “een maal oorgelewer is” (vers 3) in twyfel te trek nie en te bly by wat Jesus’ se apostels gesê het (17).
Die brief merk op dat mense in die gemeenskap ingekom het en die geloof in gevaar stel as gevolg van hulle optrede en idees. Hierdie nuwe predikers mislei die gemeenskap. Die outeur stel voor dat hulle gestraf moet word en dat dit nie wys is om hulle te volg nie. Ter ondersteuning van sy argument, wys hy op ’n aantal situasies uit die verlede wat aandui dat oortreders werklik deur God gestraf word, soos bv die ontroue Israeliete in die woestyn na die uittog uit Egipte en die inwoners van die stede van Sodom en Gomorra.

Genre

Die brief van Judas is ’n kort brief sonder enige spesifieke geadresseerde; dit is gerig aan alle Christene.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS