Ander briewe
Behalwe die briewe van Paulus
Afsenders
Die brief aan die Hebreërs meld nie wie die afsender is nie. Dit is nie bekend wie die brief geskryf het nie. Die ander sewe briewe word toegeskryf aan die vier hooffigure van die eerste geslag Christene:
- Jakobus (’n broer van Jesus);
- die apostel Petrus
; - die apostel Johannes;
- Judas (nog ’n broer van Jesus).
Katolieke briewe
Die sewe briewe onder die naam van Jakobus, Petrus, Johannes en Judas staan bekend as die “algemene briewe (sendbriewe)”.
“Katoliek” beteken in hierdie geval dat hierdie briewe nie aan ’n enkele spesifieke persoon of gemeenskap gerig is nie, maar aan Christene in die algemeen.
Outeurs van die katolieke briewe
Die outeurskap van al die katolieke briewe word bevraagteken. Baie geleerdes is van mening dat hierdie briewe uit die laaste deel van die eerste eeu of die begin van die tweede eeu n.C. dateer. Hulle word toegeskryf aan persone in die vroeë Christendom, aangesien hulle hoë aansien en gesag geniet het.
Lees verder?
Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy: