Bible Society of South Africa

Hebreërs

Die brief aan die Hebreërs vertoon die kenmerke van ’n brief, maar is meer soos ’n retoriese getuienis met die bedoeling om sy lesers te oortuig. Die teks is waarskynlik in die laaste kwart van die eerste eeu geskryf. Die naam van die outeur is onbekend. Die doel van die teks is om te verseker dat lesers toegewyde Christene bly.

Tema

Dit is duidelik uit die boek dat sommige van die beoogde lesers groter belangstelling in die Joodse geloof, ten koste van die Christelike geloof, toon. Die skrywer wil keer dat sy lesers hulle Christelike geloof verloor.
Om hierdie rede staan ’n vergelyking tussen Judaisme en Christendom sentraal in die brief. Op grond van gedeeltes uit die Ou Testament, wil die skrywer aandui dat Jesus die vervulling is van die beloftes wat vroeërgemaak is en dat ’n nuwe era in Jesus aangebreek het. Die skrywer wil aan lesers, wat gevaar loop om hulle Christelike geloof te verloor, beklemtoon dat die Christendom die enigste weg na God is.

Jesus as Hoëpriester in die hemel

’n Belangrike motief in die boek is die beeld van Jesus as die Hoëpriester in die hemel. Deur gebruik te maak van die Ou Testament, praat die tekste van Judaïsme wat ’n hoëpriester in die tempel het. Die skrywer wil aandui dat Jesus ook ’n Hoëpriester is, maar ’n andersoortige een. Jesus in nie ’n tydelike hoëpriester, soos die Joodse priesters, nie, maar vir ewig; deur sy dood het Hy die sonde vir altyd weggeneem. Hy is nie ’n aardse priester nie, maar ’n Priester in die hemel by God. Deur middel van hierdie redenasie probeer die skrywer sy lesers ook oortuig van die waarheid wat die Christendom bied (sien byvoorbeeld Hebreërs 10:21-25).

Genre

Die vraag is of die brief aan die Hebreërs eintlik ’n ware brief is. Die gebruiklike groeteboodskap aan die begin ontbreek en wat inhoud betref, lyk die brief meer na ’n retoriese verhandeling as ’n brief. Soos in die briewe van Paulus, word die veronderstelde lesers nogtans aangespreek as “broers en susters” en “geliefdes” en die boek sluit af met ’n slotgroeteboodskap.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS