Bible Society of South Africa

Jakobus: Bybelse boek

Die brief van Jakobus vertoon ’n aantal kenmerke van ’n brief, maar kom meer voor as ’n etiese gesprek. Dit is nie bekend wie die brief geskryf het nie of wanneer dit geskryf is nie. Die kernoproep van die boek is om die ware Christelike lewe prakties te maak: die Christelike geloof moet, per definisie, met goeie werke gepaard gaan.

Tema

Jakobus bevat vyf hooftemas:

  1. 1.Om beproewings die hoof te bied. Volgens die skrywer is dit alte maklik om te sê dat God ons beproef. In werklikheid is dit eintlik mense se eie bose begeertes wat hulle ondergang beteken.
  2. 2.Die gebed vir wysheid. Volgens Jakobus word wysheid altyd in verband gebring met praktiese dade. Ware wysheid kan slegs gegee word aan mense wat daarom vra in gebed.
  3. 3.Die rykdom van armoede. Die gemeente, wat blykbaar hoofsaaklik arm lidmate het, wil die gemeente oopstel vir ander, ryker bevolkingsgroepe. Maar, is die rykes nie onderdrukkers nie?
  4. 4.Die beperking van sinnelose geklets. Jakobus gebruik baie beelde en metafore om dit duidelik te maak hoe slegdie gevolge van skinder kan wees.
  5. 5.Die belangrikheid van werke. Jakobus sê dat geloof sonder werke dood is.

Genre

Die brief van Jakobus is nie ’n “brief” in die ware sin van die woord nie. Die brief word nie gerig aan ’n duidelik herkenbare geloofsgemeenskap nie en daar is geen tipiese briefafsluiting met die gebruiklike groeteboodskappe en slotformules nie. Maar die outeur het die brief-genre gekies om sy boodskap aan sy lesers oor te dra. Danksy hierdie genre, kan hy sy lesers direk aanspreek (byvoorbeeld met “broeders en susters”, wat hy – in die Grieks – soveel as 15 keer gebruik) en kan hy met hulle in ’n lewendige styl kommunikeer.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS