Bible Society of South Africa

Die Openbaring aan Johannes

Die boek Openbaring is gebaseer op visoene wat die skrywer op die eiland Patmos gehad het. Johannes het geskryf dat hy ontberinge verduur en dat hy op Patmos is omdat hy die goeie nuus van Jesus verkondig het. Die boek se bedoeling is om Christene te bemoedig om die geloof te behou. Dit is onbekend wanneer die boek geskryf is.

Tema

Openbaring beskryf hoe Johannes ʼn ekstatiese belewenis op Patmos gehad het en toe ʼn reeks visioene in woord en klank van Jesus Christus ontvang het.
Die boek neem standpunt in teen die aanbidding van die keiser en die mag van die Romeinse staat. Dit moedig die klein, bedreigde gemeenskappe van gelowiges in die provinsie Asië aan om moed te hou.

Aan die einde redeneer Johannes dat alle mag in die hande van God en Jesus Christus setel. Die lyding sal slegs vir ʼn kort tydjie duur, aangesien Christus gou sal terugkeer en al die goddelose magte sal vernietig. Die vooruitsig wat hy aan die lesers bied, is ʼn koninkryk van vrede, en ʼn nuwe hemel en ʼn nuwe aarde.

Genre

Openbaring is ʼn geskrif wat deel vorm van die tradisie van apokaliptiese tekste. Die boek bestaan uit baie beelde en visoene met ʼn verduideliking. Heelwat geheime taal word gebruik en dit is nie heeltemal duidelik wat presies bedoel word nie.
Die boek het ook die kenmerkende eienskappe van ʼn brief. Die visioene word aangebied binne die raamwerk van ʼn brief. Die teks is waarskynlik van een kerkgemeenskap na ʼn volgende in Wes-Turkye gestuur om hardop gelees te word.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS