Bible Society of South Africa

Die Evangelies

Die Nuwe Testament bevat vier boeke wat bekend staan as “Evangelies”: die Evangelie volgens Matteus, die Evangelie volgens Markus, die Evangelie volgens Lukas en die Evangelie volgens Johannes.

Die Sinoptiese Evangelies

Die Evangelies volgens Matteus, Markus en Lukas staan gesamentlik bekend as die drie Sinoptiese Evangelies. Die Evangelie volgens Johannes het ʼn ander karakter.



Die term “sinopties” is afkomstig van die Griekse woord

synopsis

, wat “oorsig” beteken. Die drie Sinoptiese Evangelies stem in so ʼn mate ooreen tov inhoud, struktuur en woordgebruik dat hulle saam gelees kan word.

Die Apokriewe Evangelies

Benewens die vier kanonieke Evangelies van die Nuwe Testament, is daar ook verskeie Apokriewe Evangelies: die Evangelie van Judas, die Evangelie van Petrus en die Evangelie van Tomas.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS