Bible Society of South Africa

Die Handelinge van die Apostels

Die Handelinge van die Apostels is ʼn boek oor die ontstaan en groei van die Christelike kerk. Dit verduidelik hoe die goeie nuus oor Jesus dwarsdeur die hele wêreld versprei is. Die boek Handelinge is geskryf deur dieselfde outeur as die Evangelie volgens Lukas en dien as ʼn opvolg daarvan.

Inhoud

Die heel belangrikste tema in die boek Handelinge is die werking van die Heilige Gees. Die Heilige Gees is die krag agter die verspreiding van die Goeie Nuus, en die krag agter die geboorte van die kerk.
Die ontwikkeling van die kerk is dan ook ʼn belangrike onderwerp in Handelinge. Lukas begin deur die groei en ontwikkeling van die Christelike kerk in Jerusalem te beskryf. Aanvanklik word ʼn ideale prentjie van die kerk geskets. Maar daar ontstaan ook probleme en die gemeente het met vervolging te kampe. Die kerk groei dan verder as Jerusalem, eers in Judea en Samaria en later, danksy Paulus en ander, ook verder as dié gebiede.
Die verspreiding van die geloof gee aanleiding tot nog ʼn belangrike tema: die verhouding tussen Joodse en nie-Joodse Christene.
Die boek eindig waar Paulus as gevangene in Rome aangehou word. Geloof in Jesus het versprei tot aan die uiteindes van die aarde, reg tot binne-in die magsentra.

Styl

Die styl van Handelinge is afgerond. Die inleidings tot sy boeke wys dat die outeur bekend is met die populêre wetenskaplike literatuur van sy dag. Die styl van beide Handelinge en die Evangelie volgens Lukas vertoon ooreenkomste met dié van die Grieks-Romeinse geskiedskrywing.

Verwante Bybelgedeeltes

HANDELINGE 1

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS