Bible Society of South Africa

1 Petrus

Die eerste brief van Petrus is een van die sogenaamde algemene of katolieke briewe, wat nie aan ’n spesifieke persoon of gemeenskap gerig is nie, maar ’n omsendbrief met soveel moontlik Christelike lesers in gedagte. Die brief word toegeskryf aan die apostel Petrus. Dit is nie bekend wanneer die brief geskryf is nie.

Tema

Die doel van die brief is om Christene te bemoedig om standvastig in hulle geloof te volhard. Vir baie Christene wat gekies het vir ’n nuwe geloof, het dit ingehou dat hulle moes breek met groepe of verbintenisse waarvan hulle vroeër deel uitgemaak het, of dikwels selfs met eie familie. Verder het Christene geweier om die gode, wat die welstand van die gemeenskap gewaarborg het, te aanbid en dit is beskou as verraad teen die samelewing.
Die Christene aan wie hierdie brief gerig is, moes dit alles trotseer. Hulle is beskou as misdadigers en is beledig. Die sentrale tema van die brief is daarom lyding en die vraag na die hantering daarvan. Die lesers word opgeroep om hulle geloof in woord en daad in ’n vyandige omgewing te bely. As uitvloeisel hiervan mag daar geen einde kom aan hulle lyding nie, maar dit kan beskou word as ’n weerspieëling van die geregtigheid wat deur Christus beliggaam word. Die uiteindelike doel is verlossing by die eindtyd, wat Christene in die nabye toekoms verwag het.

Styl

Die Griekse teks is smaakvol met uitdrukkings wat van ’n goeie styl getuig. Dit gebruik ’n groot aantal woorde wat nêrens anders in die Nuwe Testament aangetref word nie.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS