Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 333

Spreuke 28:21-22

Bybelteks(te)

PSALMS 28:21-22AFR83Maak oop in die Bybelleser

Vers 21. Partydigheid is afgryslik sleg. Dit is verkeerd selfs wanneer jy broodsgesprek ly en iemand jou met ‘n stuk brood omkoop om die reg te verdraai (vgl Lev 19:15; Deut 1:17; Spr 17:23). Peterson vertaal: “Playing favorites is always a bad thing; you can do great harm in seemingly harmless ways.” (The Message).

Vers 22. ‘n Suinige mens jaag rykdom na uit sy gierige hart (letterlik “evil eye”). Kidner praat van ‘n “grasping spirit”. Ironies genoeg voorkom gierigheid nie gebrek nie, want dit is God wat voorspoed en teenspoed bepaal (vgl Spr 28:25, 27; 23:6). Jesus sluit hierby aan met die gelykenis van die ryk dwaas in die NT (Luk 12:13-21).

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS