Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 332

Spreuke 28:19-20

Bybelteks(te)

19Wie sy grond bewerk, het volop om te eet;

wie hom besig hou met nuttelose dinge, word brandarm.

20'n Betroubare man is baie voorspoedig;

een wat gou ryk wil word, sal sy straf kry.

SPREUKE 28:19-20AFR83Maak oop in die Bybelleser

Vers 19. Fluksheid word beloon. Luiheid bring armoede. Wie hard werk, en hom nie besig hou met nuttelose dinge nie, sal iets hê om te eet. Die lui of ongedissiplineerde mens sal egter tevrede moes wees met armoede (vgl Spr 24:30-34).

Vers 20. Betroubaarheid bring voorspoed. Bedrog bring teenspoed. Dit is ‘n tydige waarskuwing teen enige vinnige geldmaak skema. Peterson vertaal: “Committed and persistent work pays off; get-rich-quick schemes are ripoffs.” (The Message)

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS