Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 334

Spreuke 28:23-24

Bybelteks(te)

23Wie iemand teregwys, kry eerder agterna dank

as wat 'n vleier dit kry.

24Wie sy ouers besteel en sê:

“Ek doen niks verkeerds nie,”

is niks anders as 'n rower nie.

SPREUKE 28:23-24AFR83Maak oop in die Bybelleser

Vers 23. ‘n Teregwysing eerder as vleitaal word waardeer. ‘n Reguit mens beteken vir jou meer as iemand wat met mooi woorde die waarheid wegsteek (vgl Spr 27:5).

Vers 24. Om te steel van jou ouers bly altyd verkeerd. Al probeer jy dit ook op watter manier regverdig. Jy is niks anders as ‘n doodgewone dief nie.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS