Bible Society of South Africa

Algemene vrae

Please be patient while we update the content below

- BibleSA team

Hoe kan ek my gebruikersnaam verander?

Lees meer ...

Stap 1: Hou die muis oor jou naam en kies “My Profiel” in die lys

Stap 2: Jou voornaam is jou gebruikersnaam. Kies ’n nuwe een en kies “Stoor”

Stap 3: Jy sal sien dat jou naam in die boonste regterhoek verander het

Hoe verander ek my kennisgewings?

Lees meer ...

Stap 1: In die slimfoon-app, maak die keuselys in die boonste linkerhoek oop (die drie strepies)

Stap 2: Kies “My Profiel”

Stap 3: Gaan na die “Kennisgewing”-opsie om jou kennisgewings te verander

Stap 4: Kliek op die skakelaar om jou kennisgewings te deaktiveer of te aktiveer

Hoe kan ek die Bybel aflaai?

Lees meer ...

Om ’n Bybel af te laai, moet jy eers ’n profiel skep.

Stap 1: Vir meer inligting oor hoe om die app af te laai, kliek hier

Stap 2: Wanneer jy die app geaktiveer het, kies die keuselys. Dit is die drie strepies in die boonste linkerhoek

Stap 3: Kies “My Bibloteek”

Stap 4: Gaan deur die lys van beskikbare Bybels

Stap 5: Vind die Bybelvertaling van jou keuse en kliek op die “Laai af”-knoppie

Stap 6: Nadat die Bybel suksesvol afgelaai het, kan jy op die Bybel kliek om dit jou verstekkeuse te maak

Hoe kan ek die app aflaai?

Lees meer ...

Stap 1: Die BibleSA-app is beskikbaar in die “App Store” vir Apple iPhone en “Google Play” vir Android

Stap 2: Jy kan ook na die webblad gaan en “Hulpmiddels” in die keuselys kies

Stap 3: Kies “BibleSA-app”

Stap 4: Jy sal verwys word na ’n bladsy met skakels na die “App Store” en “Google Play”

Hoe kan ek die vertoonopsies verander?

Webtuiste

Lees meer ...

Stap 1: Wanneer jy die Bybel lees, kan jy die vertoonopsies verander deur “Opsies” regs bo-aan die skerm te kies

Stap 2: Jy sal vier kategorieë vind wat jy kan verander volgens jou voorkeure:

  • Verander hoe die teks vertoon onder Algemeen
  • Kies die grootte van die teks onder Lettergrootte
  • Kies uit vier verskillende lettertipes onder Lettertipe
  • Verander die agtergrondkleur onder Lees Modus

App

Lees meer ...

Stap 1: Jy kan jou vertoonopsies aanpas wanneer jy die Bybel lees deur “Aa” reg langs die keuselys-ikoon te kies (drie strepies)

Stap 2: Jy sal vier kategorieë vind wat jy kan verander volgens jou voorkeure:

  • Kies die grootte van die Bybelteks onder Grootte
  • Kies uit vier verskillende fontopsies deur Noto Serif te kies
  • Verander die agtergrondkleur deur die son-, maan- of reënval-ikoon te kies Verander hoe die teks vertoon deur Meer Vertoonopsies te kies

Hoe kry ek toegang tot die Oudiobybels?

Lees meer ...

Stap 1: Waneer dit beskikbaar is, kan jy toegang kry tot die Oudiobybels op die slimfoon-app wanneer jy ’n gratis profiel skep

Stap 2: As ’n Oudiobybel beskikbaar is vir die Bybelvertaling van jou keuse, sal ’n luidspreker-ikoon in die boonste regterhoek verskyn (net voor die soek-ikoon)

Stap 3: Kliek op die luidspreker om te luister na die oudio

Stap 4: ’n Subkeuselys sal verskyn met mediaspelerfunksies (insluitende “Pouse”, “Volgende” en “Gaan voort”)

Stap 5: Die “Pouse”-funksie ,  onderbreek en speel die oudio

Stap 6: Die “Volgende”-funksie gaan na die volgende gedeelte

Stap 7: Die “Vorige”-funksie gaan na die vorige gedeelte

Stap 8: Indien die “Gaan voort”-funksie  geaktiveer is, sal die oudio outomaties voortgaan om die volgende gedeelte te speel. Indien die funksie gedeaktiveer is, sal slegs die huige gedeelte speel

Jy kan ook kyk of ‘n Oudiobybel onder “My Bibloteek” beskikbaar is

Stap 1: Kies “My Bibloteek” en gaan deur die lys van beskikbare Bybels

Stap 2: Bybels met ’n luidspreker-ikoon beteken ’n oudioweergawe van die teks is beskikbaar

Hoe kan ek verse uitlig of kopieër en notas maak?

Website

Lees meer ...

Stap 1: Kies die vers wat jy wil uitlig of waarby jy jou eie nota wil maak

highlight_verses_notes

Stap 2: Jy het die opsie om veelvuldige verse te kies

highlight_verses_notes_2

Stap 3: Bo-aan die skerm sal twee opsies verskyn. Kies die nota-opsie  om ’n nota te maak

  • Verskaf ’n titel en voeg jou nota in die Notaveld in. Kies dan “Stoor”
  • ’n Nuwe ikoon sal vooraan die gekose Skrifgedeelte verskyn
  • Om die nota te lees, hou die muis oor die ikoon

Stap 4: Om ’n vers of verse uit te lig, kies die uitlig-opsie . Kies ’n kleur waarmee jy die vers wil uitlig

  • Die gekose vers(e) sal dan uitgelig wees

Verander of verwyder notas en uitgeligte gedeeltes

Lees meer ...

Stap 1: Hou die muis oor die nota ikoon

Stap 2: Jy kan nou die nota redigeer of verwyder

Stap 3: Kliek die redigeer ikoon  om die nota te verander

Stap 4: Kliek die verwyder ikoon  om die nota te verwyder

Stap 5: Om die uitgeligte gedeelte te verwyder, kies die uitgeligte vers(e)

Stap 6: Kliek dan op die uitlig ikoon

Stap 7: Kies die verwyder ikoon

Kopieer teks

Lees meer ...

Stap 1: Klik op die vers(e) wat jy wil kopieer om dit te kies

Stap 2: Klik op die kopieerknoppie om die kopieeropsies te vertoon

Stap 3: Kies enige bykomende tekste wat jy by die gekopieerde teks wil insluit, bv. Titels, Hoofstuknommers en/of Versnommers

Stap 4: Klik op die blou “Kopieer”-knoppie onder die opsies. ʼn Groen bevestigingsboodskap sal vertoon wanneer die teks suksesvol na jou knipbord gekopieer is. Druk Ctrl + V (Windows) of ⌘ + V (MAC) om die geselekteerde teks iewers anders te plak

App

Lees meer ...

Stap 1: Kies die keuselys ikoon (die drie strepies links bo-aan die skerm)

Stap 2: Kies “My Bybel”

Stap 3: Kies ’n vers of verse

Stap 4: Onderaan die skerm sal twee opsies verskyn

Stap 5: Die ikoon aan die linkerkant is om ’n nota te maak en die uitlig ikoon aan die regterkant

Stap 6: As jy die nota opsie kies sal ’n teksveld verskyn waarin jy ’n nota kan maak

Stap 7: Wanneer jy die nota klaar getik het sal ’n opsie “Gebruikers notas” onderaan die skerm verskyn

Stap 8: Indien jy daarop druk sal dit jou nota vertoon

Stap 9: Jy kan ook kies om die nota te redigeer  of te verwyder

Stap 10: Jy kan ook die vers uitlig deur op die uitlig knoppie te kliek

Stap 11: Jy sal die opsie kry om ’n kleur te verander. Om die opsie te kanselleer, kies die kleur met die “X”

Hoe begin ek ’n leesplan?

Lees meer ...

Stap 1: Die leesplan is net beskikbaar op die slimfoon-app en ’n profiel is nodig om toegang te verkry

Stap 2: In die slimfoon-app, kies die keuselys in die boonste linkerhoek (die drie strepies)

Stap 3: Kies “Leesplanne”

Stap 4: Gaan deur die leesplan-opsies en kies die plan wat jy wil volg

Stap 5: Teken in op die plan deur op “Teken in” te kliek

Stap 6: Kliek die “Vandag”-knoppie om die plan te begin

Stap 7: Jy sal daagliks ’n kennisgewing kry totdat jy die leesplan voltooi het. As jy gekies het om nie kennisgewings te kry nie, kan jy toegang tot die leesplan verkry onder “Leesplanne” in die keuselys

Stap 8: Jy kan enige tyd ’n leesplan kanselleer

Hoe soek ek vir ’n spesifieke woord?

Website

Lees meer ...

Stap 1: Maak seker dat jy op die tuisblad is (kliek op die “Tuis”-knoppie in die boonste regterhoek)

Stap 2: Kliek in die “Begin soektog”-veld en tik ’n woord, frase of teksverwysing in

  • You can refine your search results by opting to only search in a specific Bible. However, you can also search in news articles or the Verse-a-day daily devotion

Stap 3: Kliek die soekknoppie

Stap 4: Soek deur die soekresultate

Stap 5: Kies die een wat jy wil lees

In die app – Opsie 1

Lees meer ...

Stap 1: Maak seker dat jy op die tuisblad is (kliek op die “Tuis”-knoppie in die boonste linkerhoek)

Stap 2: Bo-aan die blad, kliek in die “Soek met sleutelwoord of versgedeelte”-veld en tik ’n woord, frase of teksverwysing in

Stap 3: Soek deur die resultate en kies wat jy wil lees

Stap 4: Kliek op “Alle resultate” om jou soekresultate te verfyn wanneer jy kies om net in ’n spesifieke Bybel te soek. Jy kan egter ook in Nuusartikels of Vers-’n-dag soek

In die app – Opsie 2

Lees meer ...

Stap 1: Maak die keuselys oop deur op die drie strepies in die boonste linkerhoek te kliek

Stap 2: Kies “Soek”

Stap 3: Kliek in die “Soek met sleutelwoord of versgedeelte”-veld en tik die woord, frase of teksverwysing in

Stap 4: Soek deur die resultate en kies wat jy wil lees

Stap 5: Jy kan jou soekresultate verfyn waneer jy kies om net in ’n spesifieke Bybel te soek. Jy kan egter ook in Nuusartikels of Vers-’n-dag soek

Hoe verander ek my wagwoord?

Lees meer ...

Stap 1: Kies die “Teken aan”-knoppie regs bo-aan die bladsy

Stap 2: Kliek op “Ek het my wagwoord vergeet”

Stap 3: Verskaf jou e-posadres en kies “Verander wagwoord”

Stap 4: Jy sal ’n e-pos ontvang waarin jy moet bevestig dat jy jou wagwoord wil verander

Stap 5: Gaan na die e-pos en kliek op die “Kliek hier”-skakel

Stap 6: Verskaf ’n nuwe wagwoord en bevestig dan die nuwe wagwoord

Stap 7: Kliek dan die oranje knoppie

Hoe skep ek ’n profiel?

Website

Lees meer ...

Stap 1: Kies “Probeer gratis” in die keuselys regs bo-aan

Stap 2: Voltooi die “Teken in”-vorm

Stap 3: Stem in tot die “Terme en voorwaardes”

Stap 4: Kies “Teken in”

Sign Up Image

App

Bible Society of South Africav.4.26.9
VOLG ONS