Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 330

Spreuke 28:15-16

Bybelteks(te)

15'n Brullende leeu, 'n beer wat wil rondstorm,

so is 'n goddelose regeerder oor 'n weerlose volk.

16As 'n heerser verstandigheid kortkom,

is daar baie verdrukking;

wie uitbuiting haat, lewe lank.

SPREUKE 28:15-16AFR83Maak oop in die Bybelleser

Vers 15. ‘n Goddelose tiran breek ‘n arm volk. Hy is soos ‘n brullende leeu en ‘n stormende beer. Dié ongelukkige toedrag van sake was nie net die kruis van menige weerlose volk in die verlede nie, maar bly die enkele grootste oorsaak van ellende in ons eie tyd regdeur die wêreld. Dit is natuurlik ook nie net leiers as sodanig wat daarvoor verantwoordelik is nie, maar die onderdrukkende ideologiese sisteme – polities, ekonomies, en godsdienstig – wat hulle skep en in stand hou.

Vers 16. Onverstandige leiers breek ‘n volk. ‘n Gebrek aan verstandigheid by ‘n leier (prins / vors) veroorsaak verdrukking en omgekeerd: ‘n leier wat ‘n wrede verdrukker is, het ‘n gebrek aan verstandigheid. Maar, die leiers wat onregverdige wins haat, skep ‘n toekoms.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS