Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 329

Spreuke 28:14

Bybelteks(te)

14Dit gaan goed met 'n mens wat altyd versigtig is;

maar iemand wat moedswillig is, sal ondergaan.

SPREUKE 28:14AFR83Maak oop in die Bybelleser

Vers 14. Moedswillige verset teen God verseker jou ondergang. ‘n Meer letterlike vertaling: “Gelukkig is ‘n mens wat voortdurend in ontsag leef (“altyd bewe”), maar wie sy hart verhard, stort neer in ‘n ramp.” Die eerste deel van die sin word gewoonlik verklaar dat iemand in ontsag lewe vir God. Dit kan egter ook verklaar word dat iemand versigtig is vir die sonde. In albei gevalle gaan dit daaroor dat die sonde vermy word om aan God gehoorsaam te lewe. Die tweede deel van die vers het te make met ‘n moedswillige of koppige verset teen wat God wil. Dit is rampspoedig en verseker jou ondergang.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS