Bible Society of South Africa
Benescke Janse van Rensburg

Nogtans – Dag 17

Nogtans sal ek my lig vir Hom in die werkplek skyn

Bybelteks(te)

JAKOBUS 1

5As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee, want God gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt.

SPREUKE 3

6Ken Hom in alles wat jy doen

en Hy sal jou die regte pad laat loop.

JESAJA 30

21Wanneer jy die regte koers verlaat,

sal jy agter jou 'n stem hoor sê:

“Hier is die pad, loop hierlangs.”

JESAJA 30:21AFR83Maak oop in die Bybelleser

HEBREËRS 4

13Daar is ook niks in die skepping wat vir God onsigbaar is nie; alles lê oop en bloot voor sy oë. En aan Hom moet ons rekenskap gee.

HEBREËRS 4:13AFR83Maak oop in die Bybelleser

DEUTERONOMIUM 25

15“Jy moet billik en regverdig afweeg en afmeet. Dan sal jy lank leef in die land wat deur die Here jou God aan jou gegee word.

16“Die Here jou God het 'n afsku van almal wat oneerlik is en ander bedrieg.”

DEUTERONOMIUM 25:15-16AFR83Maak oop in die Bybelleser

EFESIËRS 6

6Moenie net werk om deur julle eienaars raakgesien te word en so in mense se guns te kom nie; werk soos slawe van Christus wat van harte die wil van God doen.

EFESIËRS 6:6AFR83Maak oop in die Bybelleser

KOLOSSENSE 3

23Wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie,

KOLOSSENSE 3:23AFR83Maak oop in die Bybelleser

Een van die algemeenste onderwerpe wat uit lesers se e-posse na vore kom, is uitdagings in die werkplek. Hoe bly ʼn mens positief en skyn jy God se lig in tye van ʼn onregverdige aflegging, ʼn dissiplinêre verhoor teen jou of wanneer jy sukkel om werk te kry (al het jy reeds ʼn klomp CV’s uitgestuur)? Ook, hoe hou jy aan om ʼn ambassadeur in God in ʼn werksomgewing te wees wanneer dit gevul is met skinderpraatjies, moeilike kollegas of selfs wanneer jy die enigste gelowige in die werkplek is en soms spot daaroor moet verduur?

Hier is drie wenke uit God se Woord:

1)   VRA GOD VIR WYSHEID EN LEIDING:

Ons almal moet daagliks ʼn klomp besluite in die werkplek neem. Hoeveel makliker sal dit nie wees as ons God vir wysheid daarvoor vra nie? In Jakobus 1:5 staan geskryf: “As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee.” In Spreuke 3:6 lees ons: “Ken Hom in al jou weë, dan sal Hý jou paaie gelykmaak.” En in Jesaja 30:21 vind ons die belofte: “Wanneer jy die regte koers verlaat, sal jy agter jou ʼn stem hoor sê: ‘Hier is die pad, loop hierlangs.’ ” God wil ons nie net beskerm en bewaar van verkeerde besluite nie; Hy wil ons ook lei en help om op die regte pad te bly.

2)   TREE OP MET INTEGRITEIT:

In Hebreërs 4:13 lees ons: “Daar is ook niks in die skepping wat vir God onsigbaar is nie; alles lê oop en bloot voor sy oë. En aan Hom moet ons rekenskap gee.” Ook in Deuteronomium 25:15-16 staan geskryf: “ … die Here haat dit wanneer mense oneerlik is.” Wanneer ons dus begin leef met ʼn bewustheid dat God elke besluit en aksie van ons ken, word dit makliker om daarna te streef om te alle tye met integriteit op te tree sodat Hy daardeur verheerlik kan word.

3)   ONTHOU VIR WIE JY WERK:

In Efesiërs 6:6 lees ons: “Julle moenie net werk wanneer julle eienaars vir julle kyk nie, julle moenie werk sodat mense van julle kan hou nie … Nee, dit moet vir julle wees soos wanneer julle vir die Here self werk, nie soos wanneer julle vir mense werk nie.” Ook in Kolossense 3:23: “Wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie.” God is ons Werkgewer en al voel dit soms asof niemand ons toewyding raaksien nie, kan ons weet dat Hy alles sien en op die regte tyd sal sorg vir ʼn bevordering.

Aksies praat baie harder in die werkplek as wat ons woorde ooit kan. Al rep ons dus nooit ʼn woord oor ons geloof nie, is die kanse goed dat ons kollegas reeds weet dat ons onsself Christene noem. Ons optrede sal egter daardie ongelowige of louwarm kollegas óf inspireer om God beter te wil leer ken, óf hulle totaal daarvan afsit om ooit ʼn Bybel oop te maak. Kom ons nooi die Heilig Gees daagliks in ons lewens in en vra Hom om ons te help om aan te hou om God se lig te skyn, hoop te bring en mense rondom ons te inspireer deurdat ons Hom eerste stel. Sterkte.

Bible Society of South Africav.4.26.9
VOLG ONS