Bible Society of South Africa
Xanthe Hancox

Diensbaarheid, nederigheid en die vrug van die Gees – Dag 9

Dien in geloof

Bybelteks(te)

GENESIS 24

Rebekka word Isak se vrou

1Abraham was al baie oud, en die Here het hom in alles geseën. 2Abraham het vir sy slaaf gesê, vir die vernaamste in sy huis, die een wat in beheer was van sy besittings: “Sit jou hand onder my heup

GENESIS 24:1-2AFR83Maak oop in die Bybelleser

GENESIS 24

4jy moet na my land toe gaan, die land waar ek gebore is, en daar 'n vrou gaan haal vir my seun Isak.”

GENESIS 24:4AFR83Maak oop in die Bybelleser

Dit is nie ʼn maklike opdrag wat Abraham vir sy dienskeng gegee het nie. Hy vra sy dienskneg om baie ver na sy geboorteland te reis en ʼn vrou vir sy seun Isak terug te bring. Abraham het ook ʼn aantal streng vereistes: Die vrou moet nie ʼn Kanaäniet wees nie, maar ʼn familielid, en Isak moet nie saam met die dienskneg na Abraham se geboorteland reis nie. Hy laat selfs sy dienskneg ʼn eed oor die saak aflê. Die dienskneg vra geen vrae nie en hy probeer nie om Abraham van die opdrag te laat afsien nie, alhoewel hy seker rede gehad het. Dink net, watter pa sal sy dogter toelaat om saam met ʼn vreemdeling deur die woestyn te trek om met ʼn volkome vreemdeling te gaan trou?

Maar hierdie dienskneg, wie se naam nie eers in hierdie gedeelte genoem word nie, aanvaar sy opdrag beleefd en met nederigheid. Dit was na alle waarskynlikheid ʼn onmoontlike taak met geen duidelike oplossing nie, maar hy vertrou God. Voordat hy nog begin soek na ʼn vrou vir Isak, bid hy om leiding. En verder bid hy vir die regte vrou vir Isak. Die dienskneg bid dat ʼn meisie na die fontein sal kom wat nie net vir hom water sal gee om te drink nie, maar ook vir sy kamele. Hy soek na ʼn vrou met ʼn hart wat bereid is om te dien en wat bereid is om meer as wat van haar verwag word te doen. Hy vind so ʼn vrou in Rebekka.

Die verhaal lui verder dat Abraham se dienskneg gekniel het en die Here geloof het vir sy troue liefde. Hy het die Here gedank (Genesis 24:26-27). Rebekka het uit vrye wil haar familie en gemaklike lewe verlaat om in ʼn nuwe land by ʼn nuwe gesin te gaan bly. Wat ʼn wonderlike les van getrouheid en nederigheid leer ons by haar en die dienskneg. In die lewens van beide hierdie persone sien ons geloof, diensbaarheid en liefde vir ander. Wat ʼn voorbeeld vir ons!

Bible Society of South Africav.4.23.0
VOLG ONS