Bible Society of South Africa
Xanthe Hancox

Diensbaarheid, nederigheid en die vrug van die Gees – Dag 8

Spring aan die werk

Bybelteks(te)

RUT 2

2Rut, die Moabitiese vrou, vra toe vir Naomi: “Mag ek lande toe gaan om are op te tel by iemand wat my toelaat om dit te doen?”

Naomi antwoord haar: “Gaan gerus maar, my dogter.”

MATTEUS 7

12“Alles wat julle wil hê dat die mense aan julle moet doen, moet julle ook aan hulle doen. Dit is tog waarop dit neerkom in die wet en die profete.”

MATTEUS 7:12AFR83Maak oop in die Bybelleser

Om ander te dien is iets wat ek weet ek meer dikwels en meer gewillig moet doen, maar soos die spreekwoord lui is dit makliker gesê as gedaan. En om diegene naaste aan my van diens te wees, veral my gesin, is dikwels die heel moeilikste. Gelukkig is daar baie voorbeelde van godvresende mans en vroue in die Bybel wat oor die hart van ʼn dienskneg beskik het en wat geseën is vir hulle welwillendheid, onselfsugtigheid, harde werk en nederigheid. Rut is ʼn uitstekende voorbeeld van ʼn vrou wat die behoeftes van haar familie bo haar eie gestel het.

Rut se verhaal is baie bekend. Dit is die verhaal van toewyding en getrouheid van ʼn Moabitiese vrou wat na die dood van haar man haar vaderland Moab verlaat en saam met haar skoonma in Israel gaan bly het. Rut neem die besluit om haar skoonma, wat sy opreg liefhet, te dien. Toe ek vir die hoeveelste keer hierdie verhaal lees, het die manier wat Rut vir Naomi gedien het, my opgeval. Rut het gaan werk. Sy het nie net eenvoudig liefdadigheid aanvaar nie; sy was vasbeslote om genoeg te verdien om vir haarself en vir Naomi te sorg.

Toe Rut en Naomi in Betlehem aangekom het, was hulle baie arm. Rut moes Naomi versorg en daarom het sy dae in die lande deurgebring om are op te tel. Om jou gesin te versorg verteenwoordig miskien nie ʼn glansryke loopbaan nie, maar diensbaarheid is nie veronderstel om glansryk te wees nie.

Uit Rut se verhaal leer ons ook hoe God nederigheid en die gewilligheid om ander te dien beloon. Hy seën Rut deur haar te lei na die landerye van Boas, ʼn ryk man met wie sy later getroud is. So dikwels wil die Here ons seën, maar ons trots, gierigheid of wêreldsheid staan in die pad.

Bible Society of South Africav.4.23.0
VOLG ONS