Bible Society of South Africa
Xanthe Hancox

Diensbaarheid, nederigheid en die vrug van die Gees – Dag 21

Vrug van die Gees 6: Getrouheid

Bybelteks(te)

GALASIËRS 5

22Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, 23nederigheid en selfbeheersing. Teen sulke dinge het die wet niks nie.

GALASIËRS 5:22-23AFR83Maak oop in die Bybelleser

DIE OPENBARING 2

10Moenie bang wees vir wat julle alles gaan ly nie. Kyk, die duiwel gaan party van julle in die tronk laat gooi, sodat julle in beproewing sal kom, en julle sal tien dae lank baie swaar kry. Bly getrou tot die dood toe, en Ek sal julle die lewe as kroon gee.

DIE OPENBARING 2:10AFR83Maak oop in die Bybelleser

Alle goeie verhoudings word gebou op getrouheid. ʼn Vrou en ʼn man wat getrou is aan mekaar is noodsaaklik vir ʼn goeie huwelik. In ʼn goeie vriendskap is mense getrou aan mekaar. Goeie werksverhoudings vind plaas wanneer kollegas mekaar kan vertrou. Getrouheid is ook noodsaaklik in ons verhouding met God.

Ons verwys dikwels na die getrouheid van God. Wanneer ons ʼn reënboog sien word ons daaraan herinner dat Hy getrou is en sy beloftes sal hou. Maar wat van ons eie getrouheid? Behalwe vir vandag se teksvers uit Openbaring is daar baie Skrifgedeeltes wat ons daarop wys dat ons getrou moet wees: 1 Korintiërs 4:1-2 herinner ons dat ons getroue dienaars van Christus moet wees, Efesiërs 6:21 verwys ook na getroue dienaars en in 1 Timoteus 5:9 word daar na getrouheid in die huwelik verwys.

Getrouheid – om altyd op God te vertrou – word dikwels gesien as iets wat ons doen. Baie mense dink aan getrouheid as ʼn sinoniem vir vasberadenheid, ʼn gesindheid wat ons kan aanleer eerder as ʼn produk van die Gees van God wat in ons woon. Paulus maak dit egter duidelik dat getrouheid ʼn geskenk van die Heilige Gees is. Die Heilige Gees wat in ons kom woon wanneer ons ons sondes bely en tot bekering kom, verander ons karakter van binne en maak ons getrou.

Dit is slegs deur die Heilige Gees dat ons oor die liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid en goedhartigheid kan beskik wat ons as Christene behoort te hê. Net so is dit net deur die Heilige Gees dat ons die soort getrouheid kan hê wat ons in staat stel om volkome op God te vertrou, Hom te gehoorsaam en om altyd, wanneer ons verkeerd doen, ons sondes teenoor Hom te bely.

Bible Society of South Africav.4.23.0
VOLG ONS