Bible Society of South Africa
Xanthe Hancox

Diensbaarheid, nederigheid en die vrug van die Gees – Dag 22

Vrug van die Gees 7: Sagmoedigheid

Bybelteks(te)

GALASIËRS 5

22Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid,

GALASIËRS 5:22AFR83Maak oop in die Bybelleser

1 PETRUS 3

15In julle harte moet daar net heilige eerbied wees vir Christus die Here. Wees altyd gereed om 'n antwoord te gee aan elkeen wat van julle 'n verduideliking eis oor die hoop wat in julle lewe.

1 PETRUS 3:15AFR83Maak oop in die Bybelleser

Coco Chanel het gesê: “Gentleness doesn’t get work done unless you happen to be a hen laying eggs.” In ʼn wêreld waar krag en sterkte baie belangrik is, is dit baie maklik om sagmoedigheid as ʼn swak eienskap te beskou, iets waarsonder ons kan klaarkom. Dit is selfs ʼn bietjie vreemd dat Petrus hierdie woord kies om ons getuienis teenoor ander te beskryf. Hy kon ʼn woord soos dapperheid, getrouheid, integriteit of wysheid gebruik het. Maar sagmoedigheid?

Coco Chanel was miskien ʼn kenner van mode en styl, maar sy was verkeerd oor wat sagmoedigheid beteken. Sagmoedigheid beteken nie om swak of bang te wees nie en dit beteken definitief nie dat jy nooit iets sal bereik nie. Dit is verreweg nie ʼn swakheid nie; sagmoedigheid is krag en sterkte wat onder beheer is en dit laat ons toe om geduldig en verdraagsaam teenoor ander te wees. Om sagmoedig te wees beteken jy beskik oor ʼn gelykmatige en gebalanseerde gees. ʼn Sagmoedige persoon is nie krities of veroordelend nie, maar vergewe ander en bring vrede.

Dit is die soort gesindheid wat Petrus sê ons moet hê wanneer ons geloofsake met ander bespreek. Ons is nie goeie ambassadeurs vir Christus as ons skoorsoekerig is en gereeld ander en hulle menings verkleineer nie. Sagmoedigheid beteken egter nie dat jy met almal moet saamstem of nie opstaan vir dit waarin jy glo nie. Dit beteken dat jy op ʼn redelike en kalm wyse van iemand se mening kan verskil en op ʼn mooi manier sal uitwys waarom jy verskil. Ons argumente gaan nie mense verander nie Jesus verander mense. Jy kan ʼn passievolle lewe met sterk oortuigings lei en steeds sagmoedig wees. So kan jy groot dinge vir God bereik.

Bible Society of South Africav.4.23.0
VOLG ONS