Bible Society of South Africa
Xanthe Hancox

Diensbaarheid, nederigheid en die vrug van die Gees – Dag 20

Vrug van die Gees 5: Vriendelikheid en goedhartigheid

Bybelteks(te)

GALASIËRS 5

22Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, 23nederigheid en selfbeheersing. Teen sulke dinge het die wet niks nie.

GALASIËRS 5:22-23AFR83Maak oop in die Bybelleser

ROMEINE 2

4God is ryk in goedheid, verdraagsaamheid en geduld! Sê dit vir jou niks nie? Besef jy nie dat God jou deur sy goedheid tot bekering wil lei nie?

In vandag se samelewing is vriendelikheid dikwels oppervlakkig en kom ʼn mens nie so maklik goedhartigheid teë nie. Dikwels is mense gaaf, maar goedhartigheid is nie noodwendig dieselfde as om gaaf te wees nie. Die woord “gaaf” word in Engels vertaal as “nice” en die woordeboek gee meer as een betekenis vir dié woord: gaaf, aangenaam, mooi, en lief. ʼn Mens kan goedhartig wees, maar nie gaaf nie. Goedhartigheid beteken jy doen iets sonder om iets terug te verwag. Goedhartigheid is om respek vir ander te hê en om hulp te verleen sonder om te verwag dat iemand jou met help.

Ons moet goedheid aan ander bewys want dit is presies wat God aan ons bewys het. Deur sy goedheid het Hy ons by die hand geneem en ons tot bekering gelei. In Romeine lees ons dat God ons wil verander deur sy goedheid. God bewys goedheid aan ons, alhoewel ons dit nie verdien nie. Ons kan onsself nie voor Hom regverdig nie – nie deur boetedoening nie, nie deur ons gedrag of deur ons offers nie. Wanneer ʼn mens iets van God se groot genade begryp en besef dat ons alles in onverdiende genade ontvang, maak dit jou nederig. En wanneer ʼn mens waarlik besef dat ons alles wat goed is van die Skepper van die heelal ontvang, moet ons daarna streef om tot sy eer te leef en om sy vriendelikheid en goedheid te bewys aan diegene met wie ons in aanraking kom.

Bible Society of South Africav.4.23.0
VOLG ONS