Bible Society of South Africa
Xanthe Hancox

Diensbaarheid, nederigheid en die vrug van die Gees – Dag 14

Nederigheid teenoor vrees

Bybelteks(te)

MATTEUS 5

14“Julle is die lig vir die wêreld. 'n Stad wat op 'n berg lê, kan nie weggesteek word nie; 15ook steek 'n mens nie 'n lamp op en sit dit onder 'n emmer nie maar op 'n lampstaander, en dit gee lig vir almal in die huis. 16Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.”

MATTEUS 5:14-16AFR83Maak oop in die Bybelleser

Nederigheid is hierdie week die onderliggende tema. Baie van ons in Suid-Afrika en in die res van die wêreld dink steeds aan oudpresident Nelson Mandela. Baie woorde is gebruik om Nelson Mandela te beskryf, maar die een woord wat dikwels genoem word, is nederigheid.

Op die internet het ek gesien dat mense beweer dat Mandela destyds tydens sy intreerede uit die gedig “Our deepest fear” van Marianne Williamson aangehaal het. Dit is, sover ek weet, nie waar nie. Maar ʼn gedeelte van hierdie gedig verdien om hier aangehaal te word want dit vertel dat vals nederigheid net so seermaak soos vals hoogmoed:

Our deepest fear is not that we are inadequate.

Our deepest fear is that we are powerful beyond measure.

It is our light, not our darkness

that most frightens us.

 

We ask ourselves,

‘Who am I to be brilliant, gorgeous, talented, fabulous?’

Actually, who are you not to be?

You are a child of God.

 

Your playing small

does not serve the world.

There’s nothing enlightened about shrinking

so that other people won’t feel insecure around you.

 

 

We are all meant to shine,

as children do.

We were born to make manifest

the glory of God that is within us.

Ons is geneig om te dink dat nederigheid beteken om jouself heeltemal op die agtergrond plaas, dat jy nie toegelaat word om jouself na waarde te ag nie, en dat jy altyd eers gevra moet word voordat jy jou gawes en talente aanbied. Ons dink dikwels dat iemand wat selfversekerd is nie nederig is nie.

Ons gawes en talente is aan ons gegee om iemand anders te kan help net soos hulle gawes en talente bedoel is om ons mee te kan help. Om jou lamp onder ʼn emmer te plaas help niemand nie – nie ander nie, nie jouself nie en definitief ook nie vir God nie. Dit is presies wat Jesus ons in vandag se teksvers leer.

Jesus se volgelinge is die lig vir die wêreld. Ons is nie in Christus gebore om die evangelieboodskap binnensmonds te mompel nie. Jesus het nie aan die kruis gesterf sodat ons ons veranderde lewens kan wegsteek nie. Jesus het nie opgestaan sodat ons ondergronds moet gaan nie. Moenie bang wees dat jy hoogmoedig sal voorkom nie. Wanneer jy iets waarlik tot eer van die Here doen, sal niemand dink dit kom uit jouself nie.

Bible Society of South Africav.4.23.0
VOLG ONS