Bible Society of South Africa
Xanthe Hancox

Diensbaarheid, nederigheid en die vrug van die Gees – Dag 13

Verstandig of paranoïes?

Bybelteks(te)

SPREUKE 22

3'n Verstandige mens sien onheil kom en vermy dit;

onervare mense loop oop oë daarin en boet daarvoor.

4Wie nederig is, dien die Here

en ontvang rykdom, eer en lewe.

SPREUKE 22:3-4AFR83Maak oop in die Bybelleser

Israel moes deur die Jordaanrivier wat in vloed was trek om die beloofde land binne te gaan (sien Josua 3). God het hulle beloof dat die water van die Jordaan afgesny sal word wanneer die priesters, wat die ark van die verbond dra, se voetsole aan die water raak. Wat moes deur hulle gedagtes gegaan het terwyl hulle op die oewer van die vol rivier staan? “Kan ons nie maar wag totdat die water afgeloop het nie? Hoekom moet ek eerste in die water stap? Sê nou die water word nie afgesny nie en ek verdrink?”

Om ʼn hele volk in ʼn vol rivier te lei klink nie na die mees verstandige plan nie, maar die verse uit Spreuke laat ʼn mens besef dat Josua se plan die regte een was. Dit is wat verstandigheid is; dit beteken dat jy iets verstandig of versigtig moet oorweeg wanneer jy iets moet beoordeel of ʼn besluit moet neem. As ons verstandig is en die Here in nederigheid dien, sal Hy ons help om nie oop oë in onheil te beland nie.

Niemand wat die Israeliete dopgehou het sou hulle blameer het indien hulle ietwat paranoïes geraak het nie. Dit is ʼn fyn lyn tussen verstandigheid en paranoia. Die verstandige mens dra ʼn veiligheidsgordel; die paranoïese mens vermy voertuie heeltemal. Die verstandige mens beplan en berei voor, die paranoïese mens raak paniekerig. Die verstandige mens bereken die risiko en spring in; die paranoïese mens sit nooit eers sy voete in die water nie. Die verskil is om nederig te wees en God te vertou. Paranoia neem oor wanneer ons op onsself vertrou en dan besef dat ons onsself nie kan red nie. Josua het die Here vertrou met sy lewe en het die lewe van al die Israeliete in die hande van God geplaas en daarvoor is hy ryklik beloon.

Bible Society of South Africav.4.23.0
VOLG ONS