Bible Society of South Africa
Xanthe Hancox

Diensbaarheid, nederigheid en die vrug van die Gees – Dag 12

Laat reg geskied, bewys liefde en trou, en lewe bedagsaam voor God

Bybelteks(te)

MIGA 6

7Sal die Here duisende ramme aanvaar

saam met tienduisende offers van olie?

Moet ek my eersgeborene offer vir my sonde,

hom wat uit my liggaam kom, vir my oortreding?

8Mens, die Here het jou bekend gemaak wat goed is:

Hy vra van jou dat jy reg sal laat geskied,

dat jy liefde en trou sal bewys,

dat jy bedagsaam sal lewe voor jou God.

Party dinge verander nooit. Korrupsie was net so algemeen in Juda in die 7de eeu v.C. as wat dit in so baie lande, insluitend Suid-Afrika, vandag is. In Miga se tyd was baie van die godsdienstige leiers korrup. Meeste van die profete het goeie nuus gebring vir diegene wat omkoopgeld betaal het, terwyl diegene wat nie wou betaal nie, slegte nuus ontvang het. Die idee het ontstaan dat jou saak met God reg is indien jy ʼn goeie lewe leef en die regte persoonlike offers bring.

Die idee bestaan steeds en Miga se reaksie daarop is vandag nog net so relevant. Die Here maak dit baie duidelik dat ons nie net vir ons sondes kan vergoed deur iets waardevol aan Hom te offer of voor te gee dat ons baie regverdig leef nie. Soms is dit wat ons moet doen baie eenvoudig, of hoe? Ons moet reg laat geskied – vertel ek die waarheid? Skuld ek iemand iets? Ons moet liefde en trou bewys – behandel ek ʼn persoon met liefde wanneer ek in staat is om hom te help? Leef ek op so ʼn wyse dat ek ander eerste stel? En ons moet bedagsaam voor God leef – wanneer ek besluite neem, gaan dit oor hoeveel ek sal baat, of oor die koninkryk van God? Dink ek my goeie dade is wat tel, terwyl my hart ver van God af is?

Die onveranderlike wette van God is regverdig, en ons almal het ʼn persoonlike verantwoordelikheid om dit te onderhou – om reg te laat geskied, om liefde en trou te bewys, en om bedagsaam voor God te leef.

Bible Society of South Africav.4.23.0
VOLG ONS