Bible Society of South Africa
Benescke Janse van Rensburg

Breek los – Dag 19

Breek los en maak God deel van jou lewe

Bybelteks(te)

PSALMS 139

U omsluit my van alle kante

1Vir die koorleier. Van Dawid. 'n Psalm.

Here, U sien dwarsdeur my,

U ken my.

2Of ek sit en of ek opstaan, U weet dit,

U ken my gedagtes nog voordat hulle by my opkom.

PSALMS 139:1-2AFR83Maak oop in die Bybelleser

PSALMS 139

5U omsluit my van alle kante,

U neem my in besit.

PSALMS 139:5AFR83Maak oop in die Bybelleser

PSALMS 139

7Waarheen sou ek gaan om u Gees te ontvlug?

Waarheen sou ek vlug om aan u teenwoordigheid te ontkom?

PSALMS 139:7AFR83Maak oop in die Bybelleser

HEBREËRS 4

13Daar is ook niks in die skepping wat vir God onsigbaar is nie; alles lê oop en bloot voor sy oë. En aan Hom moet ons rekenskap gee.

HEBREËRS 4:13AFR83Maak oop in die Bybelleser

MATTEUS 28

20leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.”

MATTEUS 28:20AFR83Maak oop in die Bybelleser

JAKOBUS 4

8Nader tot God en Hy sal tot julle nader. Was julle hande, sondaars, en reinig julle harte, huigelaars.

ʼn Vrou het op ʼn dag aan my erken dat sy weens haar huidige werkdrukte sukkel om gereelde stiltetye saam met God te hê. Buiten vir haar loopbaan is sy getroud en ook ʼn ma. Dié skuldgevoel veroorsaak dat wanneer sy wél tyd kry om saam met God te spandeer, sy dit liefs vermy omdat sy reeds so sleg voel. Kan jy met haar identifiseer? Hoe lyk jou roetine rondom stiltetyd?

Omdat die vyand weet watter krag daarin lê as gelowiges tyd saam met God spandeer, probeer hy ons met alle mag so besig hou dat ons nie daarby uitkom nie. Ons trap dan verder in die strik om te glo dat tyd saam met God beperk moet word tot ʼn uur voor werk of ʼn uur voordat ons gaan slaap. Kom ons nie daarby uit nie, voel ons skuldig en begin ons om dit liefs te vermy.

Die waarheid is egter: God is oral en ons kan Hom vra om heeldag deel van ons lewens te wees. Hoe doen ons dit? As ons in die werkplek wysheid, guns of kreatiwiteit benodig, kan ons Hom daarvoor vra. As ons wil bars van geluk en dankbaarheid oor ʼn deurbraak, kan ons Hom daarvoor dank. En wanneer dit voel asof ons hartseer of die pyn van ʼn verlies ons wil oorweldig, kan ons Hom vra om ons aan te raak, te vertroos en die las ligter te maak.

In Psalm 139:1-2,5,7 lees ons immers: “Here, U sien dwarsdeur my, U ken my. Of ek sit en of ek opstaan, U weet dit, U ken my gedagtes nog voordat hulle by my opkom … U omsluit my van alle kante, U neem my in besit … Waarheen sou ek gaan om u Gees te ontvlug? Waarheen sou ek vlug om aan u teenwoordigheid te ontkom?” In Hebreërs 4:13 staan geskryf: “Daar is ook niks in die skepping wat vir God onsigbaar is nie; alles lê oop en bloot voor sy oë.” En selfs Jesus het in Matteus 28:20 met sy hemelvaart aan sy dissipels gesê: “Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.”

Natuurlik is die tye wat ons die Bybel bestudeer en stil word voor God om sy stem te hoor uiters belangrik om in ons geloof te groei, maar God kyk na die intensie van ons harte en by Hom is daar genade vir die tye wat ons sukkel om al die balle in die lug te hou. Ons lees immers in Jakobus 4:8: “Nader tot God en Hy sal tot julle nader.”

Kom ons hou op swig voor die skuldgevoel wat die vyand op ons wil plaas terwyl ons begin om God saam te nooi na raadsale waar ons belangrike besluite moet neem, na waar ons staan en huis skoonmaak, waar ons in die berg gaan fietsry of selfs ʼn baba se doek ruil. Hy is oral en begeer ʼn lewende verhouding met ons elkeen. Ken Hom in al jou weë en Hy sal die pad vir jou gelykmaak. Nader tot Hom en jy kan vir seker weet dat Hy dáár is. Sterkte.

Bible Society of South Africav.4.23.0
VOLG ONS