Bible Society of South Africa

Brontekste

Die oorspronklike teks van die Ou Testament

Dit is ʼn probleem vir tekskritiek van die Ou Testament dat die prosesse waardeur die geskrifte tot stand gekom het en oorgelewer is, nie in detail onderskei kan word nie.

Dooie See-rolle

Die Dooie See-rolle — ook genoem die Qumran-rolle — is omstreeks 1947 in die grotte van Qumran in Israel ontdek. Dit is boekrolle en fragmente van boekrolle wat in die laaste eeue voor die begin van ons era geskryf is. Daar is duisende fragmente van ongeveer ʼn duisend verskillende boekrolle. Om en by tien rolle het (amper) volledig behoue gebly.

Masoretiese teks

Die Masoretiese teks in die standaard Hebreeuse teks van die Ou Testament. Oorspronklik is woorde in hierdie teks slegs in konsonante geskryf. Later, in die Middeleeue, is vokale by die teks gevoeg. Hierdie byvoeging van vokale word “vokalisasie” genoem.

Novum Testamentum Graece

Die Novum Testamentum Graece is die algemeenste teksuitgawe van die Griekse Nuwe Testament wat gebruik word. Sedert 1898 verskyn daar gereeld nuwe uitgawes. Hierdie reeks uitgawes staan bekend as die Nestle-Aland, en is vernoem na die beroemde Nestle en Aland wat vir die eerste uitgawes verantwoordelik was.

Tekskritiek van die Nuwe Testament

Ons het baie manuskripte en papiri van die Nuwe Testamentiese tekste. Sommige dateer uit die tydperk kort nadat die boeke van die Nuwe Testament geskryf is. Die tekskritiek van die Nuwe Testament maak gebruik van al hierdie tekste.

Tekskritiek van die Nuwe Testament: Geskiedenis

Erasmus (1469-1536) was een van die eerstes om die Griekse teks van die Nuwe Testament na te vors en die eerste om die Griekse Nuwe Testament te publiseer. Hy het die Griekse teks gebruik om ʼn nuwe weergawe van die Nuwe Testament in Latyn saam te stel wat beter sou wees as die Vulgaat

Tekskritiek van die Ou Testament

Moderne uitgawes van die Hebreeuse Ou Testament, die Hebreeuse Bybel, is gebaseer op een manuskrip.

Tekskritiek van die Ou Testament: Jeremia as voorbeeld

In Qumran is ses manuskripte van Jeremia ontdek. Twee van hierdie manuskripte (4QJerb en 4QJerd) wyk af van die standaardteks. Hierdie weergawes van Jeremia is korter. Daar is egter ook verse wat in ʼn ander volgorde voorkom.

Tekskritiek van die Ou Testament: Ontwikkeling

Toe tekskritiek as ʼn dissipline begin het, het navorsing hoofsaaklik gefokus op die verskille tussen Hebreeuse manuskripte en vertalings. Wanneer daar teenstrydighede was tussen twee manuskripte, of tussen manuskripte en vertalings, is navorsing gedoen om te bepaal watter variant waarskynlik die oorspronklike een is. Sodoende het geleerdes probeer uitvind watter variante later ontwikkel het.

Tekskritiek van die Ou Testament: Qumran

In Qumran is gedeeltes van al die boeke van die Ou Testament gevind, behalwe Ester. Van sommige boeke is slegs fragmente gevind, maar van ander is byna die volledige teks gevind, soos Jesaja.

Tekskritiek van die Ou Testament: Tekswysigings

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS