Bible Society of South Africa

Aleppo Codex

Die Aleppo Codex dateer uit ongeveer 925 n.C. en is ouer as die

Codex Leningradensis.

Kodeks in nie meer volledig nie

Die Aleppo Codex was die oudste bewaarde manuskrip van die volledige Hebreeuse Bybel. Maar ʼn gedeelte van die kodeks het in die 20ste eeu verlore geraak. In 1947 is die sinagoge van Aleppo verwoes in aanvalle op die Jode. Op daardie tydstip het ʼn deel van die kodeks wat in die sinagoge bewaar is ook verlore geraak. Nou ontbreek byna die hele teks van die Pentateug.


Sedert 1958 word die Aleppo Codex in die Israel Museum in Jerusalem bewaar.

Betekenis van die Aleppo Codex

Volgens baie geleerdes is die Aleppo Codex die betroubaarste weergawe van die Masoretiese teks. Die kodeks is deur Aaron ben Asher gevokaliseer en hy het ook notas op die teks aangebring. Hy was die laaste en beroemdste nakomeling van die Ben Asher-familie, ʼn familie van Masoretiese geleerdes uit Tiberias.


Verskeie moderne uitgawes van die Hebreeuse Bybel is op die teks van die Aleppo Codex

gebaseer.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS