Bible Society of South Africa

Codex Leningradensis

Codex Leningradensis is die oudste beskikbare manuskrip met die volledige teks van al 39 boeke van die Hebreeuse Bybel.

Codex Leningradensis dateer uit 1008 of 1009 n.C.

Betekenis vir die teks van die Ou Testament

Die Ou Testament het voor die begin van ons jaartelling ontstaan, maar die Codex Leningradensis is steeds van groot belang vir die bestudering van die Ou Testament. Daar bestaan wel meer kodekse van die Hebreeuse Bybel, maar hulle is minder volledig of van ʼn veel later datum.

Die Hebreeuse teks wat ons in die Codex Leningradensis en in ander kodekse vind, is die Masoretiese teks.

Die naam Codex Leningradensis

Codex Leningradensis het in 1863 sy weg gevind na die Russiese Nasionale Biblioteek in St Petersburg via Abraham Firkovich (ʼn Joodse besigheidsman wat ou Joodse manuskripte in die Midde-Ooste aangekoop het). St Petersburg het onder kommunistiese bewind Leningrad geheet en daarom staan die kodeks bekend onder die naam

Codex Leningradensis

(“die Leningrad Kodeks”).

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.19.0
VOLG ONS