Bible Society of South Africa

Weef(werk)

In weefwerk is ʼn stuk lap uit los drade gemaak. Dit is gedoen met behulp van ʼn weefstoel.


Daar was verskillende soorte weefstoele wat horisontaal of vertikaal was. Die voordeel van ʼn vertikale weefstoel was dat dit min binnenshuise ruimte opgeneem het en bloot teen die muur geplaas kon word.

Vertikale weefstoel

ʼn Vertikale weefstoel het bestaan uit ʼn houtbalk, ʼn houtplank ongeveer 5 tot 6 sentimeter dik. Die balk is aan ʼn houtraam vasgemaak. Drade is aan die balk vasgemaak sodat dit vertikaal na onder gehang het. Dit word die skering of die skeerdraad genoem. Die skeerdrade is deur klein gewiggies van klei of klip wat aan die punte vas was in plek gehou. Argeoloë het baie sulke skeergewigte gevind.


Die horisontale drade is deur die vertikale skering geryg, bo-oor en onderdeur — die inslaggare. Dit is gedoen met behulp van ʼn weefspoel wat van hout of been gemaak is. 

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.19.0
VOLG ONS