Bible Society of South Africa

Linne

In die Bybel speel linne ʼn belangrike rol as materiaal vir priesterlike drag en klere vir die ryk, invloedryke mense, soos Josef aan die Egiptiese hof (Genesis 41:42). Linne is ook gebruik in die tabernakel en in die tempel. Volgens die Evangelies het Josef van Arimatea linne gebruik om Jesus se liggaam in toe te draai.

Rou materiaal: Vlas

Linne is uit vlas gemaak. Die droë klimaat in die bybelse lande was uiters geskik vir die kweek van vlas, wat bekend was vir sy hoë kwaliteit. Die middelpunt van vlasproduksie was Arbel in Galilea.

Produksie

Volgens die Geserkalender is vlas in Maart geoes. Ná die oes is die sade verwyder en dan is die vlas in water geweek. Die vog het die pektien, wat die vesels bymekaarhou, afgebreek. Die nat vlas is dan met ʼn houtstok geslaan om die vesels van die strooi te skei. Die vesels is tot gare gespin en dan verder verwerk.

Kleur

Linne was natuurlikerwys naaswit van kleur en is gewoonlik nie gekleur nie. Op daardie tydstip het hulle nie die tegnieke gehad om die kleursel met die plantvesel te laat bind nie. Linne kon egter gebleik word om dit ʼn helderder wit te maak.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.19.0
VOLG ONS