Bible Society of South Africa

Spinwerk

Spinwerk is die proses waardeur garingdraad uit los wol- of vlasvesels gemaak word. Spinwerk word gedoen met behulp van ʼn spinspil — ʼn kort, skerp houtstok met ʼn plat, ronde skyf van klip of been wat daaraan vasgemaak is. Dun garingdraad is met ʼn ligte spoel gemaak, maar met ʼn swaarder spinspil kon dikker garingdraad gespin word.

Spintegniek

Eerstens word ʼn stukkie wol of vlas aan die spinspil vasgemaak. Daarna is die spinspil gedraai wat die materiaal tot ʼn lang, gedraaide draad rek. Een hand is gebruik om die spinspil te laat draai, terwyl die ander hand die wol of vlas vasgehou het. Soms is die wol op ʼn lang gepunte stok — ʼn spinstok — geplaas. Die draad wat gespin is, is dan om die spinspil gedraai.

Geweefde linne

Die boek Eksodus verwys ʼn aantal kere na “geweefde linne”. Hierdie soort garingdraad word gebruik om die tabernakel, asook die priesters se klere te maak.



Touwerk was ʼn tegniek om sterker garingdraad uit verskeie dunner drade te maak. Die drade is met ʼn spinspil om mekaar gedraai. Hierdie sterker garingdraad was meer geskik vir verdere verwerking.


 

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.19.0
VOLG ONS