Bible Society of South Africa

Kleuring

Wol en vlas was die materiaal wat die algemeenste gebruik is om lappe mee te maak. Die natuurlike kleur van vlas, waaruit linne vervaardig is, was ʼn gryserige wit. Linne is oor die algemeen nie gekleur nie, maar gebleik om dit helderder wit te maak.


Wol kan verskillende natuurlike kleure hê, wat wissel van wit tot donkerbruin en swart. Wanneer mense ʼn ander kleur materiaal wou hê, moes die wol gekleur word. Daar is aanduidings dat materiale reeds in die derde millennium in Mesopotamië gekleur is.

Kleursels 

In die oudheid kon kleurstowwe van plante, diere en minerale gemaak word. Die resep vir die kleursel was dikwels ʼn familiegeheim wat van geslag tot geslag oorgedra is. Bekende plantkleursels is byvoorbeeld uit wede (blou), meekrap (rooi) of saffraan (geel) gemaak. Rooi is ook van die liggaampies van die vroulike dopluis gemaak. Vir die kleur pers is onder andere die slym van die purperslak (murex) gebruik. Dit was baie duur: eksperimente het gewys dat 12 000 slakke nodig was om 1,5 gram suiwer pers kleursel te maak.

Plek van produksie

In Jerusalem het die kleurders hulle werkswinkels naby mekaar in ʼn enkele distrik gehad. Die ligging van ʼn kleurder se winkel moes aan sekere voorwaardes voldoen. Daar moes byvoorbeeld genoeg water naby wees. Kleursels moes ook buite Jerusalem geproduseer word. Tirus en Sidon in Fenisië was bekend vir hulle handel in pers kleurstof. In Handelinge16:14 lees ons van die handelaar Lidia van Tiatira wat met purper materiaal handel gedryf het. 

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS