Bible Society of South Africa

Hermes

Hermes is die naam van ʼn Griekse god wat die seun van Zeus en die halfbroer van Apollo was. Hy is beskou as ʼn god wat gesorg het vir geluk en vrugbaarheid. Hy was die beskermheer van diewe en handelaars en die god van welsprekendheid. Hy was ook die boodskapper van die gode.

Hermes in die Bybel

Die naam Hermes kom twee maal in die Nuwe Testament voor:

  • In Handelinge 14:12, waar die mense van Listra vir Paulus Hermes noem. Die inwoners van Listra het aan Hermes gedink as die god van welsprekendheid en die boodskapper.
  • In Romeine 16:14, maar vir ʼn persoon wat onbekend is.

Verwante Bybelgedeeltes

HANDELINGE 14.12 ROMEINE 16.14

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS