Bible Society of South Africa

Artemis

In die Griekse mitologie is Artemis die godin van jag en die maan, en die heerser oor die wilde diere. In Latyn is haar naam Diana. Artemis is die dogter van Leto en die god Zeus. Haar tweelingbroer is Apollo.

Die tempel van Artemis in Efese

In die stad Efese in Klein-Asië het die Grieke ʼn bestaande godin van vrugbaarheid gelykgestel aan Artemis, en hulle het vir haar ʼn tempel gebou. Die tempel van Artemis was een van die sewe wonders van die antieke wêreld. Hulle het die tempel in die sesde eeu v.C. begin bou en dit het die grootste tempel geword wat die Grieke ooit geken het. Die oppervlak was ongeveer 7 990 vierkante meter en die gebou het 127 marmerpilare gehad. In die middel van die tempel was daar ʼn groot beeld wat, volgens oorlewering, uit die hemel geval het (sien Handelinge 19:35).
Die Artemis-aanbidding het ʼn bloeiende pelgrimsekonomie in Efese tot gevolg gehad. Klein silwertempeltjies is byvoorbeeld gemaak, wat aan Artemis se volgelinge verkoop is (sien Handelinge 19:23-40).

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS