Bible Society of South Africa

Griekse godsdiens

Soos meeste ander godsdienste van die oudheid was die Griekse godsdiens politeïsties: daar was baie verskillende gode. Voorbeelde van Griekse gode is Apollo, Artemis, Hermes en Zeus (die belangrikste gode in die panteon). Die gode is op verskillende maniere op verskillende plekke aanbid. Hulle het lewe gekry in verhale (mites) wat van geslag na geslag oorgedra is.

Die Hellenistiese periode

In die dae van Hellenisme het die Griekse godsdiens belangrike veranderings ondergaan. Die Griekse godsdiens het toenemend onder die invloed van ander volke se idees gekom (sien Griekse godsdiens in die Hellenistiese periode).

Griekse gode in die Bybel

In die Bybel word ʼn aantal gode in die Griekse panteon genoem. 2 Makkabeërs verwys ʼn paar keer na ʼn fees van Dionusus. Dionusus was veral bekend as die god van ekstase en wyn.


Handelinge 14:8-18 vertel ons dat die inwoners van Listra dink Barnabas en Paulus is gode: die oppergod Zeus, en Hermes, die boodskapper van die gode.


Handelinge 19:23-40 vermeld dat die beroemde tempel van die godin Artemis in Efese deur baie mense besoek is. Die silwersmede wat geld uit hierdie “toerisme” gemaak het, was bang dat Paulus se prediking ʼn negatiewe invloed op hulle handel sou hê.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS