Bible Society of South Africa

Profeet in die Ou Testament

In die Ou Testament is ʼn profeet iemand wat ʼn boodskap van God aan die volk oordra.

Terminologie

Die woord “profeet” is ʼn vertaling van die Hebreeuse term

nabie

wat die algemeenste term vir profeet in die Ou Testament is. Daar is twee ander woorde wat gebruik word vir mense met ʼn beroep soortgelyk aan profete:

  • ʼn Siener (gozê of ro-ê): volgens 1 Samuel 9:9-11 was ʼn profeet eers ʼn “siener” genoem.
  • ʼn Man van God (iesj elohiem).

Profesie in die Ou Nabye Ooste

Profesie was algemeen, nie net in ou Israel nie, maar ook by die omliggende volke. Daar is verwysings na profete in die geskrifte van verskillende volke uit die Ou Nabye Ooste gevind, byvoorbeeld in Ugaritiese en Mesopotamiese tekste.

Hoe het iemand ʼn profeet geword?

ʼn Profeet was iemand wat namens God kon praat. Goddelike inspirasie was die enigste voorvereiste om ʼn profeet te word. Daarom was die agtergrond van die profete so uiteenlopend. Daar is voorbeelde in die Bybel van profete wat eers skaapwagters, priesters, boere of skrywers was.

Watter boeke in die Bybel vermeld profete?

Profete kom in verskillende dele van die Ou Testament voor:

  • In die Pentateug: sekere mense word in die eerste vyf boeke van die Bybel “profete” genoem, waarvan Moses (Deuteronomium 18:20-22) die beste voorbeeld is. Die Pentateug gee ook riglyne ten opsigte van profesie (bv in Deuteronomium 13:2-6).
  • In die historiese boeke: veral van Josua tot 2 Konings is daar baie verhale oor profete, byvoorbeeld oor Elia en Elisa.
  • In die profetiese boeke: hierdie boeke bestaan grotendeels uit profesieë. Hulle is na ʼn profeet vernoem, soos Jesaja of Amos. Die boek Jona is ʼn uitsondering, aangesien dit ʼn verhaal oor ʼn profeet is. 

Indeling van die profetiese tekste

Op grond van die tydperk waarin profete opgetree het, word hulle gewoonlik in twee groepe verdeel:

  • Vroeë Profete: die profete wat in die eerste sewe historiese boeke van die Bybel voorkom (Josua tot 2 Konings).
  • Latere Profete: die profete na wie ʼn profetiese boek vernoem is.

Die Latere Profete kan onderverdeel word in:

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS