Bible Society of South Africa

Leviatan

Leviatan is die naam van die seemonster wat aan die begin van die skepping deur God verslaan is (Psalm 74:14). Hierdie draak of slang simboliseer die Oersee en die magte van chaos. In die apokaliptiese literatuur word gesê dat die draak aan die einde van die tyd weer gaan losbreek, maar dat God dit dan vir eens en altyd gaan verslaan (Jesaja 27:1).

Daar is ʼn soortgelyke seemonster in die Ou Testament met die naam Ragab.

Leviatan in Job 40 – 41

In Job 40:25 – 41:25 is daar ʼn uitvoerige beskrywing van Leviatan. Vir lank is aanvaar dat Leviatan in hierdie teks nie ʼn monster was nie, maar ʼn krokodil. Dit word egter uit die beskrywing duidelik dat ons in hierdie hoofstukke ook te make het met ʼn mitologiese monster (sien Job 41:11-13).

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS